NEWS
Notas aan besproeiers
Aandag Alle Besproeiers
Dit is uiters belangrik om water vir besproeiing vooruit te bespreek. Weekliks op ‘n Donderdag voor 12:00 vir die volgende week moet water bespreek word: Eienaar, Perseel nr, Sluis nr, dag bespreek, ure, stroomsterkte.
Waterbespreking kan dmv die WAS program elektronies gedoen word. Skakel die Kantoor om die WAS program gratis af te laai.
Elke pomp wat water uit die rivier of kanaal onttrek, moet ‘n meter hê. Pompe se lesings moet maandeliks (voor die sewende) vir die vorige maand, na die Kantoor deurgegee word of elektronies deurgesein word.
KANAAL
Die watertariewe vir die kanale vir die waterjaar 2025/2026 is vasgestel op R 4045 per hektaar, met R 1346.99 betaalbaar in September 2025 en R 2698.01 betaalbaar in Maart 2026.
RIVIER
Die watertariewe vir die rivier vir die waterjaar 2025/2026 is vasgestel op R 1180 per hektaar, met R 392.94 betaalbaar in September 2025 en R 785.06 betaalbaar in Maart 2026.
NYWERHEIDSWATER – 2025/26
KANAAL – R 0.9720
RIVIER – R 0.5551
LANDBOU-UNIE HEFFING 2025/26
R 65/ha + BTW